Flexiweb.za.net

EREDIENSBESONDERHEDE
Lees: 1 Korintiërs 13
Teks: 1 Korintiërs 13:4-6
Tema: Een Korintiërs Dertien.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Die geheim agter bekering
“Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik ’n lig uit die hemel op hom gestraal” (Handelinge 9:3).
Die woord “bekering” het nog altyd by my ’n bepaalde ongemak, selfs ’n mate van vrees en skuldgevoel, gelaat.
Veral wanneer dit – soos dikwels in my jong jare gebeur het – verpak word in die aandrang of appèl van hulle wat skynbaar geweet wéét het en met wie jy nie durf verskil het nie. Hiér en nóú jy ’n keuse vir Jesus te maak; jy moet jou skuld bely en jou lewe opnuut aan Hom wy. Iets wat ek dan oor en oor probeer het, meesal met ’n gevoel van mislukking en stygende skuld.
Baie mense dink op dié wyse oor bekering – as ’n keuse wat jý heeltyd moet maak, ’n brug wat jý na God moet oorsteek, ’n hoër rat waarheen jý moet oorskakel.
Natuurlik hou bekering iets hiervan in. Die woord self sê dit: “Om jou na God toe te keer!” Maar dit is gelukkig nie al nie. Dit begin ook nooit daar nie. Dit sien ons
duidelik in die verhaal van Paulus se bekering in Handelinge 9:1-19.
Lees dit maar weer ’n slag. In dié gedeelte is daar géén sprake van enige
nuwe keuse wat Paulus maak nie, géén eie besluit om na Jesus te draai
nie. Nee, sy enigste keuse op hierdie stadium was om die gemeente van
Christus te bly vervolg.
Maar dan, téén sy eie verwagtings, planne en voornemens in, val daar op
’n dag van buite skielik ’n ander lig, ’n ander keuse oor sy lewe – word hy
deur ’n mag en ’n werklikheid oorweldig wat hy nog nooit voorheen gesien
of geken het nie – die werklikheid en mag van die opgestane Christus, van
sy onpeilbare liefde, genade en vergifnis.
Dít is die geheim, die begin van enige ware bekering:
die verrassende ontdekking dat God ons op ons dwaalweë ingehaal het; dat God ons steeds bly omarm en vergewe, selfs al weet of verdien ons daar geen snars van nie.
In die woorde van die teoloog, Wilhelm Stählin: “Die mens bekeer nooit
homself nie – hy of sy wórd bekeer” – hulle word gedring en aangekeer
deur die liefde van God. Deurlopend, elke dag. Of soos Augustinus ons
geleer het om te bid: “Bekeer my o God, sodat ek my kan bekeer.”
Dít, en dit alléén, verander ons om tot inkeer te kom, om ons elke dag nuut
na God toe te draai en ons op Sy genade te werp.
Wát ’n verligting, wát ’n bevrydende waarheid is dit nie!
Gebed:
Here, hoe moet ons U dank vir u genade? Dat U ons bly soek en
liefhet, terwyl ons afsydig en onverskillig bly? Ons loof U vandag
weer vir u liefde, en ons draai weer na U toe.
Amen

KOLLEKTES BY DIE D
TEESKINKBEURTE
21 Apr
Annelize v.d M, Charmaine O, Estie M, Elmie K VERJAARSDAE
Sondag, 21 April
Clarina du Plessis
Gerard Kleyn_________________________________________________
Dinsdag, 23 April
Tania Venter_________________________________________________
Vrydag, 26 April
Daniëlle Swart________________________________________________
Saterdag, 27 April
Henricko Vorster______________________________________________
BYBELSTUDIE

Wyk 7 en 9 het vanaand om 18:00 Bybelstudie by Piet en Rina Vorster
se woning.
Wyk 1 word daaraan herinner dat hulle eerskomende Woensdag, 24 April 2013, om 10:00 Bybelstudie in die ontspanningsaal van Die Bult-Aftree-oord het.
MEELEWING

Dirk Venter het die afgelope vakansie malaria in Mosambiek opgedoen. Gelukkig het hulle dit vroeg en betyds genoeg gediagnoseer. Die huppel in sy stap is nog nie heeltemal terug nie, maar dit gaan darem al baie beter.
Tannie Anna Venter is baie opgewonde, want oor ± 9 dae dan is die gips van die voet af en dan moet sy baie mooi en versigtig loop. Ons is regtig saam met tannie Anna bly en sien uit om die maroen Golf weer in die dorp se strate te sien.
Ons het ook gehoor van ons kinders wat by die skool gedurende die eerste kwartaal top akademiese prestasies behaal het: In Graad 4, Simon Swart, in Graad 6 Ruardt Labuschagne en in Graad 8 Chané Labuschagne. Baie geluk aan julle en julle ouers!Ons almal moet altyd egter onthou, ons moet saam met ons maats bly wees, maar wanneer jy jou bes gedoen het, is jy in die oë van God ook ’n toppresteerder. Gaan lees weer Gal. 6:4 “Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van ’n ander te vergelyk.” Johan Kotzé is in die Vrystaat Jeugskouspan ingesluit wat volgende naweek tydens die Bloemskou gaan deelneem. Sterkte jongman, ons dink aan jou en wens jou net die beste toe!Marnus Vorster is in die O/12 A Sandveldspan ingesluit, wat volgende week aan die Griffons se proewe gaan deelneem. Hou hierdie sentertjie dop – ek sien ’n opkomende Tjol Lategan, as die mannetjie aan die bal vat.
SOMMER IETS MOOI
HOEKOM GLO EK IN GOD?
Ek het Hom nodig.
So hier is my antwoord.
Ek glo in God, want partykeer is die wêreld so “awesome” en dinge werk so goed uit dat my siel uitroep vir iemand om voor dankie te sê.
Dan is dit Hy!Ek glo in God, want soms is die berge en die sonsondergang en die wolke en die maan so mooi maak dat ek iemand nodig het om te prys.
Iemand moes dit gemaak het.
Dis Hy! Ek glo in God, want partykeer gebeur goed wat so onbeplan is en so seer maak. En dan voel dit of niemand verstaan nie, maar dan onthou ek die spykers in Sy hande en die Man aan die kruis.
Dan weet ek Iemand huil saam met my.
Dis Hy!Ek glo in God, want partykeer is ek so deurmekaar en die lewe so sinneloos en my drome lyk onbereikbaar en dan het ek iemand nodig om saam met my die pad te stap en rigting te wys.
Dan is Hy daar!Ek glo in God, want partykeer is ek so dom en ek doen sulke “stupid” goed en sonde mors my hart en my lewe so op en maak ander so seer. En dan het ek nodig dat Iemand vrede en wysheid bring – dan is Hy daar!Hy maak heel wat ek self verbrou het!Hy bring genade selfs in seer wat ekself veroorsaak het!Ek glo in God, want partykeer weet ek niks. Ek het leiding en wysheid nodig in ’n deurmekaar wêreld wat ek nie verstaan nie.
En dan skryf Hy vir my in die Bybel en ek lees Sy Woord en hoor Sy stem en dinge maak weer sin!Ek glo in God, in Jesus, in sy Gees, want Hy’s daar!Heeltyd! Altyd!In alles waardeur ek gaan en maak nie saak hoeveel keer ek dieselfde fout maak nie. Hy is daar!Ek glo in God, want ek sien nie kans om ooit alleen te wees of enigiets alleen te doen nie.
Dalk het jy dit nie verlede week gelees nie en daarom
wil ons, almal weer daaraan herinner: STOF JOU
LENTEMARK-SKOENE AF:

Elke jaar gebeur dit soos klokslag. Somersklere word weggepak en wintersklere word uitgehaal. Net so is dit nodig om vroegtydig jou Lentemark-skoene uit te haal. Ons moet nou reeds soos ’n atlete in die wegspringblokke sak om met toewyding en liefde weg te spring en te begin help en werk, sodat ons gereed kan wees vir ons Lentemark! Hoe sê ons “feel it; it is here.” Onthou tyd vlieg! Op die eerskomende vergadering van die susters, wat om die draai is, wil ons graag die detail finaliseer.
DIE GRIEKWA WEERGAWE VAN 1 KORINTIëRS 13 –
DEUR HANS DU PLESSIS
1 Korintiërs 13
Al sal ek die tale van mense en van ingele praat,
Maar ek het die liefde geloop geruil vir die haat,
Dan het ek net ’n raaslike paraffienblik gekom raak.
Al was ek so slim lat ek nuwe goeterse kan maak,
Maar ek het die Jirre se liefde buite in die son gelat lê,
Dan is ek niks, hoor wat ek hierdie vandag vir jou sê.
Al gee ek my hele bokke weg, net om te die eer te hê
Dan sal al hierdie dinge my nou nog niks gepetaal het nie
As ek nie die liefde uit die jimmel kan geloop haal het nie.
Die regte liefde dié se bek is nooit nie dik nie,
Jy sien hom nie skinder en jy hoor hom nie klik nie,
Hy skrywe die kwaad ok nie in boekietjies op nie.
Die liefde mak alles mooi toe met hom se sawwe karos.
Tale dié hou op, voospellingse verdro en woorde raak los,
Maar liefde dié sal nou tot by ewigheid toe net so bly staan.
Toet ek nou ’n kind gewas het, toe’t ek sos ‘n kind gedink,
En vandag sien ek niet troewelte in die gorrawaterse blink,
Maar eendag sal ek die Jirre se hele waarlikheid kom weet.
En nou is dit die geloof en die hoop en die liefde wat nou bly staan,
Maar net die liefde sal saam met my na die Jirre se jimmel toe
gaan.
DANKIE! BAIE DANKIE!
Baie dankie vir die mooi woorde, pragtige bos blomme en die koevert. Ek verdien dit nie alles nie. Dit was die lekkerste eetgoed by die tee wat daar nog ooit was. Susters julle is bo!

Source: http://www.flexiweb.za.net/Portals/1/Dokumente/Nuusflitse/Nuusflits%2021%20April%202013.pdf

dresdener-rennverein.de

DRESDEN - Samstag, 3. April 2010 Aufgalopp 2010 der Dresdner Morgenpost 14.30 Uhr Kategorie F - 1500 m Ehrpr. u. 2.600 € (1.550, 550, 350, 150). Ehrenpreis dem Besitzer, Trainer und Reiter des Siegers. Das Grundgewicht wurde nach Abschluss der Vorstarterangabe um 1 kg erhöht. Für 4-jährige und ältere Pferde, die seit 1.5.2009 kein Rennen der Kategorie A-E gewonnen haben und s

Microsoft word - document

Bed Bug kit application instructions Protector C Spray all areas of room including headboards, pet bedding, carpets, skirting, non porous and hard surface areas, leave areas to dry before using again. Protector CIK Spray product at insects from 5 cm for instant kill, then spray area till wet where insect hide i.e., cracks crevices this will give long lasting protection for several

Copyright © 2010-2014 Drug Shortages pdf